Debat

Home / Kultuur / Debat

ATKV-Debat

Die volgende twee junior ATKV-debatspanne  neem Saterdag by Hoërskool Sentraal aan die semifinale ronde van die ATKV-debatskompetisie   teen  spanne van Hoërskool Witteberg deel: Johané Schon, Monique Grové en Tatum du Plessis, asook   Rethabile Sindi, Chanté Januarie en Rejaydah Griqua. Baie sterkte  aan hulle en mev. Nerina van Zyl, hul afrigter.

ATKV-debat

Die volgende twee junior spanne gaan die Noord-Kaap by die semifinaal gedurende Junie in Bloemfontein verteenwoordig;
Tatum du Plessis, Monique Grove en Johané Schon
Rethabile Sindi, Chanté Januarie en Rejaydah Griqua.

ATKV-DEBAT

Twee van ons junior debatspanne het na die semifinale rondte van die ATKV-debatskompetisie deurgedring. Hulle is Rethabile Sindi, Chanté Januarie en Rejaydah Griqua, asook Tatum du Plessis, Johané Schon en Monique Grové.

ATKV-DEBAT

Die semifinale rondte van die ATKV-Debatskompetisie het op 14 Mei by Hoërskool Witteberg in Bethlehem plaasgevind. Twee junior en een senior span van HNK het daar deelgeneem. Die leerders is (juniors) Ian Maritz, Jaen Engelbrecht, Kayle Maritz, Charissa Swanepoel, Gaby Mostert en Cindy de Jongh. Die senior span is Lurika Faber en Mieke Müller. Charissa, Gaby en Cindy het hul debat teen ‘n span van Witteberg gewen en Lurika en Miecke het ook hulle debat teen Hoërskool Jim Fouché gewen.

Die eerste rondte (Noord-Kaap-streek)van die ATKV-Debatskompetisie het op 8 April by HNK plaasgevind. Twee junior en twee senior spanne uit die provinsie gaan op 21 Mei aan die semifinale rondte by Hoërskool Witteberg deelneem. Drie van die vier spanne is HNK-leerders. Hulle is: (juniors) Ian Maritz, Jaen Engelbrecht, Kayle Maritz, Charissa Swanepoel, Gaby Mostert en Cindy de Jongh. Die senior span is Lurika Faber en Mieke Müller.

Related Posts